Privaatheidsbeleid

1. Gebruik van kliënte-inligting

Jou persoonlike inligting wat by ons webtuiste kan of moet invul, hetsy noodsaaklik of opsioneel, is nodig om jou bestelling te verwerk of om op jou vrae of kommentaar te reageer. Hiervan is jou naam, adres, telefoonnommer en e-posadres voorbeelde. Jou naam en adresbesonderhede sal slegs as die verskepingsadres van jou bestelling gebruik word. Jou e-pos sal slegs gebruik word vir elektroniese kommunikasie tussen jou en Herbashop.co.za. Nadat jy die bestelling geplaas het, sal jy ʼn e-pos ontvang wat dit bevestig. Antwoorde of jou vrae en/of kommentaar sal hoofsaaklik deur e-pos geskied. Laastens sal jou telefoonnommer slegs gebruik word wanneer jou bestelling by tye moontlik vertraag is. Die inligting wat jy voorsien word in die Herbashop.co.za se databasis gestoor. Dit sal egter slegs geskied vir doeleindes soos in hierdie beleid uiteengesit.

2. Stoor van inligting

Jou persoonlike besonderhede asook dié van jou bestelling word op ʼn veilige databasis gestoor. Hierdie data sal van tyd tot tyd skoongemaak en verouderde data afgevee word. Indien jy enige vrae het oor die data wat ons vir jou gestoor het, kontak ons asseblief deur die kontak-opsielys op ons webtuiste. Jy sal dan so gou moontlik die inligting ontvang wat by ons geregistreer is. Indien jy jou kliënte-inligting wat steeds beskikbaar is, wil verwyder, kan jy ons ʼn versoek deur dieselfde kommunikasiekanaal stuur. Sodra hierdie opdrag ontvang is, sal die data afgevee word.

3. Verskaf van inligting aan derde partye

Jou persoonlike inligting sal nie verkoop, uitgeruil of uitgehuur word aan derde partye, owerhede of organisasies nie. Dit beteken dat inligting oor jou bestellings nie aan derde partye verskaf word nie, behalwe indien ons wetlik verplig word. Indien so iets voorval, sal jy in kennis gestel word.

4. Uitsondering rakende inligting aan derde partye

Herbalife International is kontraktueel gemagtig om om persoonlike inligting van Independent Herbalife Distributors se klante aan te vra. Dit geskied in uitsonderlike gevalle en slegs per geleentheid. Indien so iets gebeur, sal jy in kennis gestel word.

5. Jou toestemming

Deur die webtuiste te gebruik, onderskryf jy die data wat ons versamel, en dat ons dit kan gebruik soos hier bo uiteengesit.

6. Wysigings

Wysigings aan die Privaatheidsbeleid word duidelik op ons webwerf gestel.

7. Ander sake

Vir enige vrae oor die Privaatheidsbeleid of toepassings daarvan, kontak ons asseblief deur die kontak-opsielys op ons webtuiste.

 

Ons webtuiste is: https://ekvoelgoed.co.za.

Sluit aan

Sluit aan om die pryse van produkte te sien en voordele te geniet.