FAQ

  1. Wat is Herbalife®?
  2. Wat behels direkte verkope/“Direct Selling”?
  3. Hoe kan ek meer oor Herbalife® as sakegeleentheid leer?
  4. Kan ek as deeltydse Herbalife®-verspreider optree?
  5. Hoe teken ek aan om ’n onafhanklike Herbalife®-verspreider te word?
  6. Wat maak Herbalife® ánders van ander maatskappye?
  7. Kan Herbalife® my help om gewig te verloor en dit af ​​te hou?
  8. Wat behels Herbalife® se eksterne voeding?
  9. Hoe weet ek dat Herbalife®-produkte veilig en doeltreffend is?
  10. Waar kan ek Herbalife®-produkte aanskaf?
  11. Kan ek Herbalife®-produkte gebruik as ek tans onder doktersbehandeling is of medikasie neem?
  12. Indien ek laktose-onverdraagsaam is, kan ek Herbalife®-produkte neem?
  13. Word Herbalife®-produkte as deel van ’n hoë-proteïen dieet beskou?
  14. Kan Herbalife®-produkte siektes soos diabetes, kanker of skildkliertoestande voorkom/genees?
  15. Is soja veilig vir vroue met borskanker, borskankeroorlewendes, dié wat tamoksifeen of ander soortgelyke medisyne gebruik, of vroue met ’n hoë risiko vir borskanker?
  16. Ek wil graag die Herbalife®-produkte tydens my swangerskap neem. Watter produkte moet ek kies?
  17. Watter produkte kan lakterende vroue gebruik?
  18. Is daar enige inmenging met my bestaande medikasie?
  19. Wat doen ek as die resultate van my gewigsbestuur toon dat ek ’n platofase bereik het?
  20. Ek gebruik tans antidepressante. Is daar enige produkte wat ek moet vermy?
  21. Sal Cell Activator veroorsaak dat kankerselle vermeerder?
  22. Hoe kan kinders die produkte vir gewigsbestuur gebruik?
  23. Ek is ’n vegetariër. Watter Herbalife®-produkte kan ek benut?

 

  1. Wat is Herbalife®?
    Herbalife® is ’n maatskappy wat op algehele gesondheid en welsyn fokus deur hoëgehalte gewigsbestuur, voedings- en persoonlikesorg-produkte te voorsien. Herbalife®-produkte word verkoop deur ’n span van meer as een miljoen onafhanklike verspreiders in meer as 59 lande wêreldwyd.

 

  1. Wat behels direkte verkope?
    Direkte verkope kan omskryf word as “Die verkoop van ’n verbruikersproduk of diens, persoon-tot-persoon, weg van ’n vaste kleinhandelplek.” Hierdie verkoopsmodel word gebruik om Herbalife®-produkte te versprei. Hoewel direkte verkope reeds duisende jare lank bestaan, het dit sedert die 1950’s al gewilder geword. Vandag verkies talle kopers/verbruikers die hoër vlak van persoonlike sorg wat metodes van direkte verkope bied.

 

  1. Hoe kan ek meer oor Herbalife® as sakegeleentheid leer?                                                                                                                                  Herbalife® bied een van die mees winsgewende sakegeleenthede binne die bedryf van direkte verkope. Ons vergoedingsplan lewer tot 73% van kleinhandelverkope aan ons verspreidingsmag. Ons bied ook uitsonderlike verkope en sake-opleiding om jou sukses met elke treë van die pad te verseker.

 

  1. Kan ek as deeltydse Herbalife®-verspreider optree?
    Natuurlik! Hoewel heelwat verspreiders besluit om voltyds met Herbalife® voort te gaan, is ons sakegeleentheid ook ’n ideale manier om ekstra geld te skep deur deeltyds te werk.

 

  1. Hoe teken ek aan om ’n onafhanklike Herbalife®-verspreider te word?
    Dit is uiters maklik. Al wat jy nodig het, is om geborg te word deur ’n bestaande Herbalife®-verspreider (ons) en om die bekostigbare Herbalife® International Business Pack te koop.

 

  • Dit kos R406 en bevat onder meer ʼn F1 Vanilla Shake, internasionale handleiding vir sakegeleenthede, ʼn Lose Weight Now-kenteken asook ʼn paar ander verrassings.
  • Deur ʼn Herbalife®-verspreider te word, kry jy dadelik 25% afslag op alle produkte. (Afslag kan selfs so hoog soos 50% wees.) Jy kry ook die geleentheid om inkomste te skep en ʼn eie onderneming deur Herbalife® op te bou.
  • Al hierdie voordele is sonder enige verpligtings aan jou beskikbaar.

 

  1. Wat maak Herbalife® ánders as ander maatskappye?
    Herbalife® glo in die vereenvoudiging van deeglike voeding. Die fokus is om verbeterde gesondheid, gewigsbestuur en persoonlike sorg vir almal maklik te maak. So ook vir almal dit ’n leeftyd lank te help begryp ​​en tot hulle beskikking te maak. Verspreiders hoef programme bloot aan te pas sodat jy jou welstandsdoelwitte makliker kan bereik.Daarby is Herbalife® die enigste maatskappy met Cellular Nutrition®-tegnologie wat jou die maksimumvoordeel bied.

 

  1. Kan Herbalife® my help om gewig te verloor dit en af ​​te hou?
    Ja! Herbalife® het miljoene tevrede kliënte 25 jaar lank gehelp om hulle ideale gewig te bereik en in stand te hou deur wetenskaplik gevorderde programme vir gewigbestuur. Herbalife® bied ’n kalorie-beheerde asook ’n koolhidraat-beheerde benadering tot gewigsbestuur wat jou help om die program te vind wat jou die beste pas. Weens verbeterde Cellular Nutrition ® kan Herbalife® se programme vir gewigsbestuur jou help om beter te voel, meer energie te hê en ’n gesonde gewig vir die lewe te handhaaf.

 

 

  1. Wat behels Herbalife® se eksterne voeding?
    Wetenskaplikes het bevind dat heelwat van dieselfde voedingstowwe en botanikalieë wat goeie gesondheid ondersteun wanneer dit intern geneem word, ook ʼn positiewe verskil aan uiterlike voorkoms en welsyn kan maak. Herbalife® het hierdie beginsel gebruik om ’n reeks persoonlike versorgingsformules vir die liggaam, vel en hare te ontwikkel.

 

  1. Hoe weet ek dat Herbalife®-produkte veilig en doeltreffend is?
    Herbalife® plaas voorrang op die verskaffing van hoëgehalte, veilige en doeltreffende produkte. Herbalife® werk nóú saam met beide die Wetenskaplike en Mediese Adviesrade, ’n span vooraanstaande dokters, wetenskaplikes en voedingsdeskundiges wat die produkte help ontwikkel. Deur ’n skenking van Herbalife® is die Mark Hughes Cellular & Molecular Nutrition Laboratory aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles gestig.

 

  1. Waar kan ek Herbalife®-produkte aanskaf?                                                                                                                                                    Herbalife®-produkte is aanlyn beskikbaar by EkVoelgoed.co.za.

 

  1. Kan ek Herbalife®-produkte gebruik as ek tans onder doktersbehandeling is of medikasie neem?
    Dit is raadsaam om die gebruik eers met jou dokter uit te klaar voordat jy moontlike ingrypende veranderings aan jou dieet of lewenstyl aanbring, of indien ’n mediese toestand by jou uitgewys is en jy voorgeskrewe medikasie gebruik.

 

  1. Indien ek laktose-onverdraagsaam is, kan ek Herbalife®-produkte neem?
    Jy kan sommige produkte gebruik, ja. Heelwat van die Herbalife®-skommels bevat melkbestanddele wat nie laktosevry is nie. As jy dus laktose-onverdraagsaam is, moet jy ons Formule 1 Free From-maaltydvoedings se Shake Mix gebruik wat vry van cholesterol, laktose en gluten is.

 

  1. Word Herbalife®-produkte as deel van ’n hoë-proteïen dieet beskou?
    Herbalife®-produkte is nie ontwerp om ’n hoë-proteïen dieet te lewer nie. Dit is deel van ’n gebalanseerde voedingsprogram. Ons aanbeveling vir proteïen is konserwatief en veilig vir gesonde individue. As jy jou proteïeninname wil verhoog, het Herbalife® spesifieke produkte wat daarmee kan help, soos ons Protein Drink Mix asook Herbalife24 se produkte.

 

  1. Kan Herbalife®-produkte siektes soos diabetes, kanker en skildkliertoestande voorkom/genees?
    Herbalife®-produkte genees nie siektes nie. Dit is ook nie ’n plaasvervanger vir mediese behandeling of medikasie nie. Ons Herbalife®-skommels en gesonde versnaperings, vitamiene en voedingsaanvullings, energie- en fiksheidsdrankies, vel- en haarversorgingsprodukte, met gesonde eetgewoontes en oefening gekombineer, dra tot ’n gesonde, aktiewe lewe by.

 

  1. Is soja veilig vir vroue met borskanker, borskankeroorlewendes, dié wat tamoksifeen of ander soortgelyke medisyne gebruik, of vroue met ’n hoë risiko vir borskanker?
    Individue onder doktersbehandeling of wat voorgeskrewe medikasie gebruik, moet egter hulle persoonlike dokter raadpleeg oor die gebruik van dieetaanvullings.

 

  1. Ek wil graag die Herbalife®-produkte tydens my swangerskap neem. Watter produkte moet ek kies?
    Dit is belangrik dat jy alle vorms van voedingsaanvulling tydens swangerskap met jou ginekoloog bespreek. Die beste moontlike voeding tydens swangerskap is belangrik. Hoewel Herbalife®-produkte veilig is om deur die meeste volwassenes gebruik te word, is ’n paar Herbalife®-produkte nie aan te beveel vir swanger of lakterende vroue nie.

 

  1. Watter produkte kan lakterende vroue gebruik?
    Hier word ʼn streng kalorieverminderde dieet tydens borsvoeding afgeraai, aangesien lae kalorieë die vervaardiging van borsmelk en gehalte daarvan kan beïnvloed. As jy lakteer, moet jy enige produkte met jou dokter bespreek voordat jy dit begin gebruik.

 

  1. Is daar enige inmening met my bestaande medikasie?
    Vir enige medisyne wat jy gebruik, moet jy aanvullings met jou mediese dokter bespreek.

 

  1. Wat doen ek as die resultate van my gewigsbestuur toon dat ek ’n platofase bereik het?
    Maak seker dat jy die Herbalife®-produkte korrek gebruik, soos aanbeveel. Leef gesond en oefen. Wees ook deurgaans bewus van die verskeie redes waarom individue met hulle gewigsbestuur ’n plato kan ervaar. As jy sukkel om meer gewig te verloor, soek raad.

 

  1. Ek gebruik tans antidepressante. Is daar enige produkte wat ek moet vermy?
    Ons produkte, soos gebruiklike voedingsaanvullings en funksionele voedsel, is nie bedoel om enige siekte te diagnoseer, behandel, genees of voorkom nie. Raadpleeg altyd die dokter wat primêr na jou omsien om siektes te behandel.

 

  1. Sal Cell Activator veroorsaak dat kankerselle vermeerder?
    Nee, dit sal nie. As jy kanker het, is dit belangrik dat jy die verskeie aanvullings met jou persoonlike dokter bespreek voordat jy dit gebruik.

 

  1. Hoe kan kinders die produkte vir gewigsbestuur gebruik?
    Herbalife®-produkte is nie bedoel om in programme vir kinders se gewigsbestuur te gebruik nie. Ons glo sterk dat die jeug en kinders moet fokus op die eet van gesonde kosse en meer fisieke aktiwiteit in hulle daaglikse roetine inbou om gesonde gewigsbestuur te bereik.

 

  1. Ek is ’n vegetariër. Watter Herbalife®-produkte kan ek benut?
    Lakto-ovo-vegetariërs kan die meeste produkte gebruik, maar kan kies om die volgende produkte te vermy: Visolie-produkte wat in ons Herbalifeline®-kapsules voorkom en produkte wat byestuifmeel bevat soos in ons Formula 2 Multivitamien Kompleks.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sluit aan

Sluit aan om die pryse van produkte te sien en voordele te geniet.